Joseph Fourier

Joseph Fourier
Jean-Baptiste Joseph Fourier

Gebore (1768-03-21)21 Maart 1768
Auxerre, Boergondië, (deesdae Yonne), Frankryk
Oorlede 16 Mei 1830 (op 62)
Paris, Frankryk
Vakgebied Wiskundige, fisikus, historikus
Ander akademiese adviseur(s) Jean-Baptiste Biot, Joseph-Louis Lagrange
Ander bekende student(e) Peter Gustav Lejeune Dirichlet
Claude-Louis Navier
Giovanni Plana
Bekend vir Fourier-nommer
Fourier-reeks
Fourier-transform
Wet van Fourier
Fourier–Motzkin-uitskakeling
Kweekhuiseffek

Jean-Baptiste Joseph Fourier; 21 Maart 1768 – 16 Mei 1830) was 'n Franse wiskundige en fisikus. Hy is in Auxerre gebore en is veral bekend daarvoor dat hy die ondersoek na Fourier-reeks begin het. Hierdie reeks ontwikkel uiteindelik tot Fourier-analise en harmoniese analise. Hy is ook vir hul toepassings op probleme van hitte-oordrag en vibrasies bekend. Die Fourier-transform en Fourier se wet van geleiding word ook ter ere van hom genoem. Fourier word ook oor die algemeen gekrediteer met die ontdekking van die kweekhuiseffek.[1]

  1. Cowie, J. (2007). Climate Change: Biological and Human Aspects. Cambridge University Press. p. 3. ISBN 978-0-521-69619-7.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy